Beleide

Terme en Voorwaardes

Die reëls wat geld wanneer jy by Bekervol bestel.

Welkom by Bekervol. Deur ’n bestelling by Bekervol te plaas, bevestig u dat u hierdie terme en voorwaardes gelees en aanvaar het.

Bestellings

  • Alle bestellings is onderhewig aan beskikbaarheid.
  • Indien geen voorraad beskikbaar is of iets persoonliks gemaak moet word, neem dit tussen 5–7 werksdae.
  • Gepersonaliseerde produkte word volgens die kliënt se goedgekeurde ontwerp vervaardig.
  • Dit bly die kliënt se verantwoordelikheid om spelling, datums, kleure en alle ontwerpbesonderhede na te gaan voordat finale goedkeuring gegee word.
  • Sodra ’n bestelling in proses of gedruk is, kan dit ongelukkig nie meer gekanselleer of verander word nie.

Betaling

  • Alle pryse op die webwerf word aangedui in Suid-Afrikaanse Rand (ZAR).
  • Volle betaling word vereis voordat produksie begin, tensy anders skriftelik ooreengekom.
  • Betaling kan deur EFT en PayFast geskied.

Produksietyd

  • Produksie begin nadat volle betaling ontvang is én die finale ontwerp goedgekeur is.
  • Produksietye kan gedurende besige tye verleng word. Klante sal hiervan in kennis gestel word.
  • Produksietyd neem tussen 5–7 werksdae. Indien daar enige vertragings is, sal die kliënt in kennis gestel word.

Produkgehalte

  • Bekers is van hoë gehalte keramiek en is mikrogolf- en skottelgoedwasserveilig, tensy anders aangedui.
  • Geringe kleurverskille tussen ’n digitale ontwerp en die finale gedrukte produk kan voorkom.

Intellektuele Eiendom

  • Alle ontwerpe, foto’s, teks en inhoud wat deur Bekervol geskep word, bly die eiendom van Bekervol.
  • Deur foto’s, logo’s of ander grafika aan Bekervol te verskaf, bevestig die kliënt dat Bekervol die nodige toestemming het om dit te gebruik.

2. Kansellasiebeleid

  • Bestellings kan kosteloos gekanselleer word voordat produksie begin.
  • Sodra produksie begin het, mag ’n redelike kansellasiefooi gehef word om koste vir materiaal, voorbereiding en arbeid te dek.
  • Gepersonaliseerde produkte kan nie gekanselleer word nadat produksie begin het nie.

3. Terugbetalingsbeleid

Bekervol streef daarna om produkte van uitstekende gehalte te lewer.

Terugbetalings word toegestaan indien:

  • die verkeerde produk gelewer is;
  • die produk beskadig ontvang is;
  • die produk ’n vervaardigingsfout het;
  • die produk nie ooreenstem met die goedgekeurde bestelling nie.

Geen terugbetalings sal toegestaan word vir:

  • verandering van mening;
  • spelfoute of ontwerpbesluite wat deur die kliënt goedgekeur is;
  • geringe kleurverskille tussen skerms en die finale drukwerk;
  • normale slytasie na gebruik.

Foutiewe produkte

Kontak Bekervol binne 48 uur na ontvangs van die bestelling. Stuur asseblief foto’s van die produk en verpakking saam met u navraag.

Indien die eis geldig is, sal Bekervol die produk vervang of ’n terugbetaling doen soos deur die Verbruikersbeskermingswet bepaal.

Goedgekeurde terugbetalings word binne 5–10 werksdae verwerk.

4. Versendings- en Afleweringsbeleid

  • Bekervol versend landswyd binne Suid-Afrika.
  • Afleweringskoste word tydens die bestelproses aangedui.
  • Produksietyd is apart van die koerier se afleweringstyd.
  • Sodra ’n bestelling versend is, ontvang die kliënt ’n opsporingsnommer indien beskikbaar.
  • Bekervol is nie verantwoordelik vir vertragings wat deur koerierdienste veroorsaak word nie.
  • Die kliënt moet seker maak dat die afleweringsadres korrek is voordat die bestelling geplaas word.
  • Indien ’n pakkie teruggestuur word weens ’n verkeerde adres of omdat dit nie afgehaal is nie, sal enige herafleweringskoste vir die kliënt se rekening wees.
  • Indien ’n bestelling sigbaar beskadig afgelewer word, meld dit asseblief onmiddellik aan die koerier en kontak Bekervol binne 24 uur.