Beleide

Privaatheidsbeleid

Hoe ons jou inligting versamel, gebruik en beskerm.

Bekervol respekteer u privaatheid en verbind ons daartoe om u persoonlike inligting veilig en vertroulik te hanteer.

Ons mag die volgende inligting versamel:

  • Naam en Van
  • Kontaknommer
  • E-posadres
  • Afleweringsadres
  • Faktuurbesonderhede
  • Besonderhede wat nodig is om u bestelling te voltooi

Hierdie inligting word uitsluitlik gebruik om:

  • bestellings te verwerk;
  • aflewerings te reël;
  • met u te kommunikeer;
  • kliëntediens te lewer;
  • aan wetlike en belastingvereistes te voldoen.

Bekervol:

  • verkoop of verhuur nooit u persoonlike inligting aan derde partye nie;
  • deel slegs inligting met betroubare diensverskaffers soos betaalplatforms of koeriermaatskappye wanneer dit nodig is om u bestelling te voltooi;
  • neem redelike stappe om u persoonlike inligting te beskerm.

U het die reg om:

  • toegang tot u persoonlike inligting te versoek;
  • verkeerde inligting te laat regstel;
  • versoek dat u persoonlike inligting verwyder word waar die wet dit toelaat.

6. Beperking van Aanspreeklikheid

Bekervol sal alle redelike sorg aanwend om produkte van die hoogste gehalte te lewer.

Bekervol sal egter nie aanspreeklik wees vir:

  • indirekte of gevolglike skade;
  • vertragings buite ons beheer;
  • verlies veroorsaak deur verkeerde inligting wat deur die kliënt verskaf is;
  • geringe kleurverskille of normale variasies in handgemaakte of gepersonaliseerde produkte.

7. Kontakbesonderhede

Bekervol

Ons missie is om elke beker met sorg, gehalte en inspirasie te vervaardig sodat elke geskenk werklik bekervol kan wees.